
=====================================================================
Intellektuele inhoud ontbreek (AV 5:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Intellektuele inhoud ontbreek

Joan Hambidge   beskou die standpuntstelling deur Johann Rossouw.

NOU onlangs het daar 'n baie belangrike publikasie in Afrikaans verskyn: Fragmente, uitgegee deur 'n paar jong filosowe en 'n skrywer. My 
standpunt oor die intellektuele gesprek in Afrikaans is rbekend. Daar verskyn te min belangwekkende publikasies en dit begin lyk asof die 
gesprek rondom Afrikaans aan 't taan is.

Daar verskyn baie belangrike Afrikaanse romans en kortverhaalbundels. (Tog is daar minder, maar steeds goeie posie). Die letterkunde is 
elegant, (post)modern en modieus. Die Afrikaanse letterkunde kan sig handhaaf binne 'n wreldkonteks. Die gesprek, helaas, is dood-stil.

Die verklarings is waarskynlik voor die hand liggend. Afrikaans is skielik gerelegeer tot een van elf amptelike tale (met die implikasie 
dat Engels tog maar die lingua franca is). Die politieke verskuiwings is hobbelrig. Die Waarheids-en-versoeningskommissie konfronteer ons 
met 'n gewelddadige verlede. Geweld, rooftogte en geldskaarste is aan die orde van die dag.

Uitgewers sukkel om die taal bo water te hou. 'n Mens kan dan waarskynlik vra: is daar te midde van die geldtekort enigsins nog 'n rekening 
vir 'n intellektuele of kritiese publikasie?

Dit is dan goed dat Fragmente gepubliseer is. Hiermee is daar darem 'n poging aangewend om lewe in die vuisvoos-debat te blaas. (Jacques 
Derrida   se lesing oor versoening aan die UWK is bygewoon deur 'n aanskoulike skare. Wat daarop dui dat mense tg behoefte het aan gesprek 
en lesing. Aan woord en wederwoord.)

In Fragmente, onder die afdeling "Standpunt", lewer Johann Rossouw relevante kommentaar: "Wat presies bedreig Afrikaans? Notas oor die dood 
in die parogiale pot."

Parogiaal is in my boeke 'n negatiewe woord. 'n Verminderende epitet. Dat Afrikaans wel bedreig word, is geen geheim nie. Johann Rossouw 
van die Franse Instituut in Suid-Afrika maak 'n paar stellings waarby 'n mens behoort stil te staan.

Hy wys tereg op die verdwyning van Afrikaans uit die openbare sfeer. Nou sal enige sosiale linguis vir 'n mens kan s dat wanneer 'n taal 
sy openbare of amptelike funksie verloor het, dit bykans onmoontlik is om dit ooit weer terug te wen.

Saam met Rossouw kyk ons na presies dit wat besig is om Afrikaans te bedreig as 'n mens dit so midde-in die stryd kan vaspen. As dit egter 
reeds aprs le dluge is, dan sal 'n geslag lesers ten minste eendag hierna kan kyk as 'n desperate poging om die sinkende skip (vir 
oulaas) blou te verf.

Die verengelsing van Suid-Afrika word uitgewys en die duistere toekoms van Afrikaans as onderrigtaal. Afrikaans word bemark as 'n 
vriendelike verbruikerstaal, 'n rektor van 'n Afrikaanse universiteit maak sy nek styf teen die Minister van Onderwys, mense weier om hul 
TV-lisensies te betaal, en so meer.

Rossouw wil nie hierdie aksies verminder nie, maar hy wys daarop dat dit tog jammer genoeg deur mense gedoen word wat 'n reaksionre kleur 
aan die aksie verleen. Mense aan die Universiteit van Stellenbosch voel dat die rektor, prof. Andreas van Wyk,   deur sy verskansing van 
Afrikaans swart studente uithou. S word die taaldebat dan gelykgestel aan 'n politieke debat, terwyl my argument hieroor is dat Afrikaans 
wl iewers mag aanspraak maak op 'n Afrikaanse universiteit.

Rossouw wys op die geskiedenis van Afrikaans, die institusionalisering daarvan en die skandalige afskeep van bruin taalgenote. Vir Rossouw 
is die werklike bedreiging egter die parogiale aard van Afrikaans: die kleinlike etnosentrisme, die intellektuele armoede, die kleiner 
wordende wreldjie en die onvermo om dit raak te sien.

Hy sonder tereg die geldduiwel uit. Afrikaners meet deesdae sukses aan geld. Skrywers dink hulle is GROOT skrywers wanneer hulle vet tjeks 
ontvang, kan 'n mens byvoeg.

Rossouw wys op die skrikwekkende agteruitgang van die geestelike aspek van die Afrikaanse boekbedryf. Reisverhale het al hoe minder geword. 
Vertalings is bykans afwesig. Hy mis ook Brink se briljante boekresensies in Rapport.

H beskamend agterlik Afrikaans in vergelyking met Fins, en ja, selfs die Nederlandse boekbedryf daar uitsien, som Rossouw goed op. (Ek 
meen die Afrikaner se obsessie met geld s iets meer: dit was Jung wat beweer het 'n obsessie met geld dui op 'n spirituele probleem, 
terloops.)

Hy vra om nuwe kompos in die taalakker en wys op vier kwessies:

* sien Afrikaans as 'n minderheidstaal, want binne 'n postmoderne wreld is dit aanvaarbaar om jouself as sodanig te sien;
* herstel die vertaaltradisie in Afrikaans;
* verbeter die kwaliteit van die Afrikaanse media; en
* gee aandag aan die Afrikaanse diaspora en al die intellektuele Afrikaanses wat in die buiteland hul bydrae lewer.

Johann Rossouw ht 'n punt beet in hierdie belangrike essay. Dit is miskien tog wel nodig om daarop te let dat mense hulle waarskynlik tans 
in 'n soort oorgangsvermoeienis bevind.

En my bydrae tot hierdie parogiale debat is die volgende: kn 'n mens enigsins nog praat van 'n intellektuele debat oor die Afrikaanse 
letterkunde as daar so beskamend min studies verskyn? Hoeveel uitgewers is bereid om iets te publiseer wat 'n intellektuele bydrae per se 
is; sonder dat dit vir die voorskryfmark verwater is? Of 'n blote wollerige oorname is uit sekondre en tersire bronne sonder dat die 
oorspronklike tekste ooit geraadpleeg is?

'n Mens sien uit na verdere uitgawes van die self-gepubliseerde Fragmente en hopelik sal ander kwessies ook hierin aangespreek word. Joan 
Hambidge,   digter en romansier, se jongste roman is Die swart sluier. Sy is verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlandistiek, 
Universiteit van Kaapstad.

Terug na bo

Geweld

Afrikat
Staan skoon verstom:
Elke dag 'n blerrie bom;
Elke dag opnuut 'n staking,
Moord en brand en motorskaking
Wetveragting en verkragting
Elke dag weer boereslagting.
Iets wat eintlik vreeslik pla:
Is di dalk eendag
Die Goeie ou Dae ...?

Illustrasie: Cora Coetzee

Vers: Philip de Vos

Terug na bo     Illustrasie: Geweld, deur Philip de Vos   en Cora Coetzee

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5414.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1998 /// 'n Taalstroom waaruit almal kan drink (AV 5:4) /// 
'Maak Afrikaans 'n inklusiewe Afrika taal' (AV 5:4) /// 'Met 'n los lit kom jy nie ver nie' (AV 5:4) /// ns Afrikaans vir vandag (AV 5:4) 
/// Oor taalruimte en vennootskappe (AV 5:4) /// ONS LESERS SKRYF (AV 5:4) /// Boeklose Renaissance kan nie slaag nie (AV 5:4) /// Jy kan 
s SKS staan vir So Karoo Soos ... (AV 5:4) /// Afrikaans se veilige hawe elders (AV 5:4) /// Lag of huil oor di musiek? (AV 5:4) /// Di 
volksmusikus kom van ver af (AV 5:4) /// Goeie musiek kook al hoe kwaaier (AV 5:4) /// Die bedreiging kom van binne (AV 5:4) /// 
Intellektuele inhoud ontbreek (AV 5:4) /// Afrikaans het biegkamer nodig (AV 5:4) /// Herinneringe aan 'n Wes-Kaapse winter (AV 5:4) /// 
Nederlandistiek kongresse aan die Kaap (AV 5:4) /// Moet Afrikaans en Nederlands se paaie skei? (AV 5:4) /// Jongste ng raap Pendoring se 
'prestige' op (AV 5:4) /// Afrikaanse reklame val van 'n Engelse perd (AV 5:4) /// Die land van braaivleis, sonskyn en Chevrolet (AV 5:4) 
///

